SPESIFIEKE REËLS RAAKENDE SKOLE:

Skole is welkom om van hierdie projek gebruik te maak as ‘n fondsinsamelings projek.

Voorwaardes soos volg:

1. Alle algemene reëls geld vir skole wat hierdie projek gebruik as ‘n fondsinsamelings  projek, behalwe algemene reëls no: 1, 2, en 4. Reëls 1, 2 en 4 word vervang deur onderstaande reëls spesifiek vir skole

2. Skole ontvang 10% van alle kaartjie verkope deur die skool

3. Vir die skool om in aanmerking te kom vir die 5de prys, moet die skool ten minste 50 boekies kaartjies verkoop. ( dus 500 kaartjies uitsluitende die 11de kaartjie)

4. Die skool kan nie as ‘n skool in aanmerking kom vir prys 4 nie. Individue verbonde aan die skool kan wel in aanmerking kom vir prys 4.

5. Skole besluit self wat hulle reëlings sal wees in sake  die 11de kaartjie van alle boekies kaartjies. ( verwys na spesifieke voorwaardes ten opsigte van die 11de kaartjie)