|
REËLS EN REGULASIES
Algemene reëls en voorwaardes vir die kompetisie.
1. Vir elke 10 kaartjies wat verkoop word is daar ‘n elfde kaartjie gratis. ( Sien voorwaardes)
2. Die elfde kaartjie reël is nie van toepassing op elektroniese kaartjies nie.
3. Die wenners van die kompetisie mag hul eie pryse kom kies.
4. Wenners gaan pryse involgorde van aankondiging kies. (Sien punt 5)
5. Die eerste plek wenner het eerste keuse tussen die eerste, tweede, derde, en sesde plek pryse. Die res van die pryse wat oorbly, uitsluitede die 4de en 5de prys, is beskikbaar vir die res van die wenners om van te kies, in volgorde van 2de tot 4de plek.
6. Daar word geen vervoer gereël vir enige persoon na of van die Jag/verblyf bestemming nie
7. Geen pryse kan omgeruil word vir kontant nie.
8. Die kaartjie trekking sal by die NG Kerk Moedergemeente Witbank (Klipkerk) se kerksaal gehou word op 29 Februarie 2012 om 1nm.
9. Die trekking sal behartig word deur Hugo and Venter Accountants CC
10. Die wenners sal telefonies/ per e-pos/ in die pers inkennis gestel word.
11. Indien ‘n persoon kaartjies elektronies koop kom daardie persoon ook in aanmerking vir die 4de prys. ( Sien pryse)
12. Ten opsigte van die 4de prys is daar spesifieke voorwaardes vir skole.
13. Alles word voorsien ( Profesionele jagter, gids, jag gewere, ammunisie, jag voertuie en slag kamers)
14. Eie jag toerusting is welkom
15. Alle boekies verkoop of onverkoop moet op die sluitings datum van 31 Januarie 2012 by Hugo en Venter Accountants se kantore ingehandig word.
16. Enige hoeveeld kaartjies kan gekoop word .
17. Almal mag deelneem, daar is geen beperkings nie.
18. Hugo and Venter Accountants CC is verantwoordelik vir alle administratiewe aangeleenthede ten opsigte van: verkope van kaartjies, trekking van wenners en finansies
19. Aanwysing van wenners op 29 Februarie 2012 is finaal en geen korrespondensie sal in die verband gevoer word nie.
20. Alle wild word gejag of amptelike konsessies van Kolobe Safaris
Spesifieke voorwaardes ten opsigte van die elfde kaartjie
1. Indien ‘n persoon ‘n boekkie kaartjies direk by Hugo en Venter Accountants CC koop vir eie gebruik, sonder dat die persoon die kaartjies weer gaan verkoop aan ‘n derde party , is die elfde kaartjie gratis vir die persoon wat die boekkie kaartjies gekoop het vir eie gebruik. (Dus 11 kaartjies = R1 000.00 )
2. Die NG kerk Witbank Moedergemeente (Klipkerk) en Hugo and Venter Accountants CC kan nie in aanmerking kom vir die elfde kaartjie en die 4de prys nie.
3. Vir elke 10 kaartjies wat ‘n persoon aan derde partye verkoop,anders as vir eie gebruik soos in 1 hierbo bedoel , kry daardie persoon wat die kaartjies verkoop het die elfde kaartjie verniet. Andersins kan die persoon die R100-00 vir die elfde kaartjie vir hom- / haarself neem
4. Voorwaardes en reëls ten opsigte van die 11de kaartjie is anders vir skole. ( sien reëls vir skole)
|